-deur Will Maule

12 Maart 2019

’n Suid-Afrikaanse duiker was amper ’n groot Bryde-walvis se middagete. Rainer Schimpf dokumenteer al vir byna vyftien jaar die sardynloop wanneer miljoene vissies in die koue water van die Agulhas-stroom noordwaarts emigreer langs die ooskus van Suid-Afrika.

In ’n toneel soortgelyk aan die Bybelse verhaal van Jona, het Schimpf (51) binne sekondes in die massiewe soogdier se bek beland. Hy was besig om haaie te verfilm toe die voorval gebeur het.

“Dit het alles baie vinnig gebeur. Alles het skielik donker geword en ek het drukking op my heup gevoel. Dis toe ek besef dat die walvis my gegryp het. Niks kan jou voorberei vir wanneer jy jou binne-in ’n walvis bevind nie,” het hy gesê.

Die ervare duiker het verduidelik hoe hy sy asem opgehou het toe die enorme vis hom gryp omdat hy bang was dat die groot dier hom in die dieptes sou meesleur.

Gelukkig het die walvis besluit om Rainer nie in te sluk nie – net soos in die verhaal van Jona. In plaas daarvan het hy hom ná ’n paar oomblikke uitgespoeg.

“Die volgende oomblik het ek gevoel die walvis draai en die drukking het verminder,” het Schimpf gesê. “Toe was ek skielik weer op die oppervlak . . .”

Schimpf was baie gelukkig om ongedeerd daarvan af te kom. “As iets wat 15 ton weeg jou gryp, besef jy, jy is eintlik baie klein in die middel van die see,” sê hy.

In die Bybelse verhaal beveel God vir Jona om ’n dringende boodskap aan Ninevé te gaan lewer. Jona is egter ongehoorsaam aan God en vlug op ’n skip na Tarsus. Tydens ’n groot storm vra hy die bemanning hom oorboord gooi sodat God die storm kan laat bedaar. Hy word hy deur ’n “groot vis” ingesluk en nadat hy berou het oor syongehoorsaamheid en instem om na Ninevé te gaan, spoeg die vis hom op droë grond uit. Hy gaan na die stad om hulle teen God se komende oordeel te waarsku en die mense van Ninevé bekeer hulle van hulle verkeerde weë.

Foto: YouTube-skermskoot via Barcroft Animals

Bron: https://www.faithwire.com/2019/03/11/man-gets-swallowed-up-spit-out-by-whale-in-real-life-tale-of-jonah/

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.