-deur Patrick Lion| Chris kitching| Mirror UK

1 November 2017

Minstens 200 mense is by Kim Jong-un se kernwapenstoetsterrein in Noord-Korea dood nadat ‘n tonnel in duie gestort het.

‘n Nuusagentskap het ‘n Noord-Koreaanse amptenaar aangehaal en berig die tonnel het op 10 Oktober in duie gestort tydens die konstruksie van ‘n ondergrondse tonnel by die Punggye-ri-kerntoetsterrein in die noordooste van Noord-Korea.

Volgens die verslag was daar 100 mense in ondergrondse tonnels vasgevang. Tydens die reddingsoperasie het ‘n verdere ineenstorting plaasgevind en het daar altesaam 200 mense omgekom.

Die ongeluk is te wyte aan die ses kerntoetse wat hier plaasgevind het en die grond onstabiel gemaak het, het TV Asahi berig.

Verlede maand se ontploffing was na bewering die grootste, met lesings van 6,3 op die Richterskaal.

Daar word berig dat nuwe radarsatellietbeelde ná die ontploffing wys dat dit  groot genoeg was om  85 hektaar area van die berg bokant die tonnels te laat insink  ̶   dit is die plek waar die toets waarskynlik plaasgevind het.

Jeffrey Lewis, Oos-Asië se programhoof by die James Martin Center for Nonproliferation Studies in Kalifornië, het geskryf dat daar “beduidende veranderinge aan die Mantapberg se piek” was, het die Washington Post berig. “Voor die toets was Mantapberg 2,205 meter hoog, die berg is sedertdien heelwat laer.

Daar was ook vrese dat toetse in die gebied ‘n uitbarsting van ‘n nabygeleë vulkaan kan veroorsaak.


Bron: mirror.co.uk

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.