-deur Bradford Richardson | The Washington Times

6 November 2017

Die meerderheid “millenials” (diegene gebore tussen 1981 en 1997),  verkies om in ‘n sosialistiese, kommunistiese of fascistiese nasie te leef eerder as ‘n kapitalistiese een, is die bevinding van ’n onlangs meningsopname.

In die Victims of Communism Memorial Foundation se jaarverslag oor Amerikaanse ingesteldhede teenoor sosialisme, het 58 persent van die volgende geslag jongmense een van die drie stelsels verkies, in vergelyking met 42 persent wat gesê het dat hulle ten gunste van kapitalisme is.

Die gewildste sosio-ekonomiese stelsel was sosialisme, met 44 persent steun; kommunisme en fascisme het elkeen 7 persent steun ontvang.

Marion Smith, uitvoerende direkteur van die Victims of Communism Memorial Foundation, het gesê die verslag toon dat millenials die rug toenemend keer op kapitalisme en sosialisme en selfs kommunisme as ‘n lewensvatbare alternatief beskou.

“Hierdie kommerwekkende stand van sake beklemtoon wydverspreide onkunde oor die geskiedenis in die Amerikaanse samelewing aangaande sosialisme en die sistemiese mislukking van ons onderwysstelsel om ons studente doeltreffend in te lig oor die volksmoord, vernietiging en ellende wat deur kommunisme veroorsaak is tydens die Bolsjewistiese Revolusie  een honderd jaar gelede,” het mnr. Smith gesê.

Van die millenials bewonder kommunistiese leiers; 31 persent het gesê hulle dink baie van Che Guevara, 32 persent was ten gunste van Karl Marx, 23 persent ten gunste van Vladimir Lenin en 19 persent ten gunste van Mao Zedong.

In die peiling kon slegs 33 persent van die millenials die korrekte definisie van sosialisme identifiseer. Hulle is ook minder geneig om  ‘n negatiewe siening van kommunisme te hê. Net 36 persent het gesê hulle  beskou die stelsel in ’n slegte lig en slegs 44 persent het gesê hulle sal beledig voel as hulle as kommuniste beskryf word.

As geheel beskou 56 persent Amerikaners kommunisme ongunstig, en 63 persent sal beledig voel om met die ideologie geassosieer te word.

Die Victims of Communism Memorial Foundation se meningsopname is vanaf 28 tot 5 Oktober aanlyn gedoen deur YouGov . Dit het 2 300 lede van die algemene publiek wat 16 jaar en ouer is se mening gevra.


Bron: washingtontimes.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.