-deur ChristianHeadlines.com

1 September 2017

Slagoffers van Orkaan Harvey wat in die Lone Star-konferensiesentrum noord van Houston gehuisves is, het spontaan begin lofsing.

Volgens RelevantMagazine.com het ‘n plaaslike vrou, Victoria White, die aanbiddingsessie begin deur gospelliedjies met haar sterk en sielvolle stem te sing.

Die video is opgeneem en op sosiale media geplaas en het sedertdien soos ‘n veldbrand op die internet versprei.

White het gepraat oor die tyd van aanbidding in ‘n Facebook-pos: “Y’all, THE GOSPEL IS GOING VIRAL! This blows me AWAY (and that’s no easy task)! I had no idea this was being recorded, but God had a plan! Not only did He want to Love those gathered in Lonestar Expo Center who suffered loss at the hands of Hurricane Harvey, but He wanted to love people across the world who were dealing with their own personal storms!”

White het ook mense aangemoedig om op welke manier hulle kan by te dra tot die orkaanverligtingsprojekte: “Kom en dien as jy kan! As jy in die Houston-omgewing is en jy kan kom, gaan dien diegene wat die meeste deur hierdie storm geraak is! As jy in Kalifornië, of New York, die Carolinas of Alabama is, daar is iemand in jou gemeenskap, in jou staat, in die wêreld wat iets nodig het wat jy het. Laat hierdie video jou herinner om die gawes en hulpbronne, groot of klein, tot jou beskikking te gebruik om iemand anders seën! ”

Klik hier  om na die video te kyk.

So this just broke out in the shelter…

Posted by Joni Villemez-Comeaux on Tuesday, 29 August 2017


Bron: christianheadlines.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.