8 Julie 2018

Pastoor Eduardo Garcia is op 8 Junie minstens ses keer deur onbekende aanvallers geskiet. Die aanvallers was glo betrokke by dwelmhande wat ’n groot probleem is in Meksiko se noordelike grensdorpe. Hy laat sy vrou, Maria, en dogter, Griselda agter. 

Nege jaar gelede is Abraham Garcia, hulle seun, vermoor en 18 maande later is hul dogter, Griselda, ontvoer. Pastoor Garcia moes noodgedwonge ’n losprys vir haar vrylating betaal.

Ongelukkig is sulke geweld teen Christene in Meksiko nie ongewoon nie. Christene staar intimidasie en doodsdreigemente van dwelmkartels in die gesig wat die Christelike bedienings wil stilmaak.

Latyns-Amerikaanse ontleder by Geopende Deure, Dennis Petri, het verduidelik: “Wanneer ’n Christen betrokke raak by maatskaplike werk – deur byvoorbeeld ’n dwelmrehabilitasiekliniek te open of ’n organisasie vir jeugwerk  te begin – is dit ’ direkte bedreiging vir die aktiwiteite en belange van georganiseerde misdaad.” 

Bid asseblief vir die Garcia-familie – dat God hulle sal vertroos terwyl hulle treur. Bid ook vir die beskerming van die Christene wat standpunt inneem teen dwelmkartels deur betrokke te raak by maatskaplike werk. Mag God die oë van misdadigers oopmaak vir die waarheid van wie Hy is.

Meksiko is tans # 39 op Geopende Deure se Wêreldwaarnemingslys van lande waar vervolging die ergste is.

Dankie vir u gebede.


Bron: Geopende Deure

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.