-deur Micajah Bilger

10 Januarie 2019

Minder as 5% dokters in Ierland het die regering ingelig dat hulle bereid is om ongebore babas te aborteer.

Aborsies is vanaf 1 Januarie 2019 wettig in Ierland, maar 95% van die land se dokters is nie bereid om die aborsies uit te voer nie, berig the Southern Star.

Hoewel aborsie-aktiviste beweer dat die dokters weier uit vrees vir pro-lewe-protes, is die rede waarskynlik eerder omdat die meeste dokters nie saamstem daarmee dat dit deel is van die mediese profesie se taak om lewens te neem nie.

Ierland se nuwe aborsiewet wat in Desember deur die parlement aanvaar is, laat enige aborsies toe tot op 12 weke van swangerskap en aborsies tot op ses maande net onder sekere omstandighede. Die wet dwing ook belastingbetalers om vir aborsies te betaal en dwing Rooms-Katolieke hospitale om aborsies daar toe te laat.

Dokters het ook kritiek uitgespreek oor die regering se riglyne wat meisies jonger as 16 toelaat om hul ongebore babas te laat aborteer sonder hul ouers se medewete of toestemming. Een dokter het die minister daarvan beskuldig dat hy “van lotjie getik is” deur dit toe te laat.


Bron: lifenews.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.