10 Januarie 2019

Meer as 500 vooraanstaande Moslem-leiers in Pakistan het ’n verklaring onderteken waarin hulle Islamitiese terreur afkeur. Hulle betuig ook hul steun vir Asia Bibi se vrylating, berig Faithwire.

Die sogenaamde “Islamabad-verklaring” is verlede naweek tydens die Seerat-e-Rehmat-ul-Alameen-konferensie onderteken.

Die doel is om ’n einde te bring aan die barbaarse geweld wat in die naam van Islam gepleeg word. Die leiers het Moslems se gedrag afgekeur wat hul godsdiens gebruik om geweld teen minderhede aan te hits.

Asia Bibi word ook in die verklaring genoem. Bibi is onlangs vrygespreek van valse aanklagtes van godslastering. Die Moslem-leiers het die hoë hof aangemoedig om voorkeur te geen aan die laaste appèl teen haar veroordeling.

Bibi is op 31 Oktober 2018 vrygespreek, maar na hewige protes vanuit fanatiese Moslem-geledere in Pakistan, het die regering aangedui dat hy die saak wil hersien.


Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.