13 September 2017
-deur Gateway News

Nog nooit tevore was daar so ’n groot behoefte vir ‘pro-lifers’ om saam te staan, ongeag hulle onderskeie affiliasies nie, sê die organiseerders van die National Alliance for Life (NAL) se March for Life wat op Sondag 1 Oktober in Umhlanga Rocks, Durban, sal plaasvind.

NAL-konferensie 2017
Sedert Februarie 1997 is daar al meer as 1,2 miljoen babas in Suid-Afrika vermoor – wettiglik, deur middel van aborsie –  sê die NAL, ’n oorkoepelende organisasie vir alle pro-lewe-organisasies in die land. Die NAL se pro-lewe-konferensie sal op Saterdag 30 September by Gateway Church, Mount Edgecombe, in Durban aangebied word. 

Tans word ongeveer 80 000 wettige aborsies jaarliks ​​uitgevoer. As die onwettige aborsies bygevoeg word, is die statistiek oorweldigend. Die departement van gesondheid het in 2012 beraam dat 6,3 keer meer onwettige aborsies as wettige aborsies is. Dit beteken dat 503 000 onwettige aborsies by die jaarlikse syfers gevoeg moet word, wat die jaarlikse aborsies in Suid-Afrika tot die totaal van 583 000 bring, sê die NAL in ‘n persverklaring.

“Daar kan nie toegelaat word dat hierdie situasie voortduur nie. Daar is ‘n desperate behoefte dat alle Suid-Afrikaners iets hieraan moet doen!” lui die persverklaring.

March for Life sal om 14:30 oorkant die brandweerstasie by Gateway, op die hoek van Equinoxweg en Zenithrylaan begin. Dit bied die geleentheid om standpunt in te neem en het ten doel om:

  1. Christene in Suid-Afrika in te lig oor wanneer die lewe werklik begin en wat aborsie werklik behels 2. miljoene Christene te inspireer om ‘n openbare standpunt teen aborsie in te neem
  2. moeders met ʼn ‘krisisswangerskap’ aan te moedig om nie hulle baba te aborteer nie
  3. mediese personeel in Suid-Afrika te oorreed om hulle verenigde grondwetlike reg op vryheid van gewete uit te oefen
  4. die stemgeregtigde publiek op te voed om oor morele kwessies te stem, veral oor die aborsiekwessie, asook om politieke partye bewus te maak hoe belangrik die kiesers die aborsiekwessie ag.

Meer inligting oor March for Life is beskikbaar by die NAL-kantoor by 032 481 5550/5807 

Die NAL-Konferensie 2017 by Gateway Church sal op Saterdag 30 September van 08:30 tot 13:00 duur. Daar sal sprekers van verskeie Suid-Afrikaanse organisasies sowel as van Amerika optree wat oor die onderwerp van aborsie sal praat. Kaartjies kos R200 per persoon en sluit verversings en middagete in.

Vir meer inligting oor die konferensie, skakel die NAL-kantoor by 032 481 5550/5807

Byskrif: March for Life (PHOTOl NAL file photo).


Bron: gatewaynews.co.za

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.