-deur CBN Nuus

6 November 2017

Minstens 26 mense is dood nadat ‘n gewapende man Sondagoggend in ʼn Baptistekerk in Sutherland Springs, Texas, ingestap het en op die lidmate losgebrand het.

“Daar is geen woorde om die boosheid te beskryf wat ons vandag in Sutherland Springs gesien het nie,” het die goewerneur van Texas, Greg Abbott gesê.

Sutherland Springs is ‘n klein gemeenskappie van 400 mense, ongeveer 30 myl suidoos van San Antonio. Die Baptistekerk het sowat 270 lidmate.

Die slagoffers was tussen 5 en 72 jaar oud, hulle identiteit is nog nie bekend gemaak nie.

Die kerk se predikant, Frank Pomeroy, het aan ABC News gesê dat sy 14-jarige dogter, Annabelle, ook onder diegene is wat gedood is. Die verdagte het die kerk na bewering om 11:30 binnegegaan en begin vuur. Die aanvaller is ook in die voorval dood.

Owerhede probeer steeds om ‘n motief te bepaal. Hulle het die aanvaller as 26-jarige Devin Kelley geïdentifiseer. Kelley was ‘n lugmagveteraan.


Bron: cbn.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.