-deur John Fortmeyer

4 Februarie 2019

Die internasionale evangelis Luis Palau en sy gesin het verlede maand slegte nuus ontvang oor sy stryd teen longkanker.

Soos op die Palau.org-webwerf berig is, bevestig dokters dat die 84-jarige ’n terugslag beleef het ná onlangse goeie vordering. Hy ly reeds vier jaar aan longkanker.

“Ongelukkig was dit nie die nuus wat ons gehoop het om te ontvang nie,” het Kevin Palau, die evangelis se seun, geskryf. “Die dokters het bevestig dat die gewas weer begin groei het. Dit volg ná ’n paar maande se positiewe reaksie op die immunoterapie-behandelings.”

Palau het op 18 Januarie by die Mission ConneXion Northwest-byeenkoms in Tualatin, oor sy kanker gepraat. Hoewel hy deur twee mense bygestaan moes word om die podium te bereik, het Palau energiek vir ’n uur gepraat. Hy het erken die kanker vererger en het gesê dat hy volgens die dokters net ’n paar maande oor het om te lewe.

“Wat ook al die uitkoms is, ek is gereed om te gaan,” het Palau gesê.

Op die webtuiste het Kevin Palau gesê sy pa is “nog vol geesdrif en baie aktief.” Hy het gesê dat sy pa besig is met die beplanning vir vanjaar se veldtogte wat werk in Abidjan, Ivoorkus; Madrid, Spanje; Swansea, Wallis; Tyler, Texas; en Kaapstad, Suid-Afrika sal insluit.

Palau se nuutste boek, Palau: A Life on Fire, en ’n rolprent oor sy lewe sal vanjaar bekendgestel word.

Inligting oor die rolprent is beskikbaar by www.palauthemovie.com

Foto: Wikimedia Commons


Bron: breakingchristiannews.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.