-deur Emily Jones

3 Julie 2018

Die Association for Library Sevice to Children (ALSC) het besluit om Laura Ingalls Wilder se naam te verwyder uit ’n prominente kinderliteratuur-toekenning.

Haar oortreding? Rasistiese stereotipes in haar ikoniese kinderboekreeks Little House on the Prairie.

Die organisasie sê die Laura Ingalls Wilder-toekenning sal nou die Children’s Literature Legacy Award genoem word.

“Wilder se boeke is ’n produk van haar lewenservarings en perspektief as ’n setlaar in Amerika se 1800’s. Haar werke weerspieël gedateerde kulturele ingesteldhede teenoor inheemse mense van kleur wat in kontras is met moderne aanvaarding, viering en begrip van diverse gemeenskappe,” het die ALSC in ’n verklaring gesê.

“Die verandering van die toekenning se naam moenie beskou word as ’n poging om toegang tot Wilder se boeke en materiaal te beperk of te ontmoetdig nie, maar eerder as ’n poging om die titel van die toekenning met ALSC se kernwaardes aan te pas.

Die boekreeks bevat karakters wat haat teenoor inheemse Amerikaners uitdruk soos die Scott-familie. Een van die Scott-gesin sê: “Die enigste goeie Indiaan is ’n dooie Indiaan.”

Wilder skryf dan: “Pa said he didn’t know about that. He figured that Indians would be as peaceable as anybody else if they were left alone.”

Die sin wat aanstoot gee, is verwyder en vervang met “…there were no people. Only Indians lived there.”

Kritici van die ALSC se besluit glo dat rassistiese houdings van die verlede nie ’n skrywer se werk negatief moet beïnvloed nie. Die Laura Ingalls Wilder Legacy and Research Association het Wilder se werk verdedig en ’n verklaring uitgereik wat lui: “”We believe it is not beneficial to the body of literature to sweep away her name as though the perspectives in her books never existed. Those perspectives are teaching moments to show generations to come how the past was and how we, as a society, must move forward with a more inclusive and diverse perspective.”


Bron: cbn.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.