Ses jaar ná die val van Muammar Ghaddafi, wankel Libië steeds op die randjie van chaos. Verlede week het maande-lange VN-gesteunde gesprekke  tot ʼn einde gekom wat op die oorbrugging van verskille tussen die Libiese faksies gemik was. Daar is geen beslissende vordering gemaak m.b.t. die stabilisering van die land, of om die weg vir ʼn verkiesing te baan nie.

Mensehandelaars het die anargie in Libië gebruik om duisende Afrika-immigrante uit te buit wat ʼn roete na Europa soek. Na rekordgetalle mense in 2016 in Italië aangekom het en ʼn onbekende aantal mense in die Middellandse See oor die afgelope twee jaar gesterf het, is die EU opnuut vasberade om die migrasieprobleem nader aan die bron daarvan te hanteer en is daar vroeër vanjaar ʼn reeks ooreenkomste met Libië gesluit. Die getalle immigrante wat Europa bereik, het wel afgeneem, maar vir baie beteken dit ʼn onsekere toekoms in oorbevolkte vlugtelingkampe. Vir Libiërs het dit egter gelei tot verdere konflik terwyl verskeie faksies meeding om EU-befondsing.

Die onstabiliteit het ook kragonderbrekings, stygende voedselpryse en verlammende kontant- en watertekorte beteken. ʼn Onlangse verslag in die Independent het gesê: “Oral in Tripoli, die hoofstad van Libië, het inwoners in sypaadjies begin boor op soek na water, nadat die krane begin opdroog het – ʼn nuwe laagtepunt in hul lewensomstandighede.”

Bid asseblief saam met ons vir Libië in hierdie uiters uitdagende tye, vir ʼn deurbraak in onderhandelinge en Goddelike wysheid in die hantering van verskeie humanitêre krisisse.

“Probleme kan nie opgelos word deur op dieselfde manier te dink wat die probleme in die eerste plek geskep het nie.” (Albert Einstein)

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.