(21 Januarie 2016)

Na byna vier jaar in ‘n Iranse gevangenis, is pastoor Saeed Abedini saam met vier ander gevangenes vrygelaat as deel van ’n uitruiling van gevangenes tussen Amerika en Iran.

Baie mense was verheug oor die nuus. Goewerneur Mike Huckabee het getwiet: “Ek is saam met miljoene Amerikaners en sy vrou bly en sê: ‘Wel gedaan Saeed! Jy is ‘n getroue dienaar, welkom tuis!’ ”

“Ek prys God vir beantwoorde gebede en dank almal van julle wat getrou gebid het vir Saeed Abedini se vrylating!” het Franklin Graham getwiet.

Die nuus het op dieselfde dag gekom dat Iran en ander wêreldmagte ’n kernooreenkoms implementeer het wat sanksies teen die land opgehef het. Tog beweer Amerikaanse amptenare dat die uitruiling van gevangenes ‘n aparte transaksie was.

Maar verskeie Amerikaanse leiers bly skepties oor die transaksie.

“Die Obama-administrasie sal nou begin met die opheffing van ekonomiese sanksies teen die wêreld se voorste ondersteuner en borg van terrorisme. Soos die president self erken het, sal Iran waarskynlik hierdie bedrag van meer as $ 100 miljard gebruik om terroriste te finansier,” het die speaker, Paul Ryan, gesê.

Senator James Lankford het gesê: “Hierdie positiewe nuus is nie ‘n verskoning vir die onlangse skaamtelose dade van Iran en die ajatollas nie, en regverdig nie die Iran-kernooreenkoms nie.”


Bron: www1.cbn.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.