-deur Julia Limitone

11 Maart 2019

“Sosialisme klink soos ’n wonderlike idee; in werklikheid is dit rampspoedig,” sê die legendariese Amerikaanse ekonoom, Thomas Sowell.

Hy het hom uitgelaat oor die toenemende gewildheid van sosialisme. Volgens hom stel die verrassende herlewing van sosialisme Amerika se toekoms in gevaar.

“Ek het ’n groot vrees dat ons dit op die lange duur nie sal kan maak nie,” het hy aan FOX Business se David Asman gesê.

Sowell plaas die onus op die onderwysstelsel en die media wat mense moet aanmoedig om idees teen feite te toets.

“Sosialisme klink soos ’n wonderlike idee,” het hy gesê. “Dis net, die werklikheid daarvan is dat dit rampspoedig is.”

Sowell het hom in die verlede as ’n Marxis beskryf, maar toe hy die waarheid besef, het hy van mening verander.

“Voordat ek ’n Marxis was, was ek ’n empirikus en het ’m empirikus gebly. Met verloop van jare het ek meer en meer dinge ondersoek en ek het die kloof tussen die werklikheid en die retoriek begin sien,” het hy gesê. “Ongelukkig slaan die meeste mense vandag nie veel ag op bewyse nie – insluitend dié by vooraanstaande universiteite.”

Sowell het gesê hy hoop dat die feite oor sosialisme insink voordat die sosialistiese beleid in die Verenigde State aangebied word.

“Wanneer jy sien hoe mense in Venezuela honger ly en na buurlande vlug en besef dat dit ’n land was wat op ’n tyd die wêreld se grootste oliereserwes gehad het, besef jy dat die land met soveel goeie vooruitsigte verwoes is deur idees wat goed geklink het, maar wat toe nie so goed uitgewerk het nie,” het hy gesê.


Bron: foxbusiness.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.