-deur Tré Goins-Phillips

5 November 2018

Die Christen-sangeres, Lauren Daigle, het vroeër vandeesweek ’n paar woorde gehad vir die paar mense wat haar gekritiseer het omdat sy onlangs as gas opgetree het vir Ellen DeGeneres se televisieprogram.

Hoewel die meeste mense bly was dat die gospelsangeres op DeGeneres se program verskyn het, was daar sommige wat Daigle gekritiseer het weens DeGeneres se openlike gay lewenstyl.

Daigle het tydens ’n onderhoud met WAY-FM gesê: “Ek dink die oomblik wanneer ons begin om grense te trek oor watter mense genader mag word en watter nie, het ons reeds God se hart heeltemal gemis. Ek het nie al die antwoorde vir die lewe nie,” het sy voortgegaan, “maar oor een ding is ek baie seker – ek nie kan kies teenoor wie ek goedhartig en vriendelik moet wees en wie nie, want dit is die opdrag, nie waar nie? Tree soos Christus op teenoor almal. ”

Die gewilde Christen-sangeres het ook onthul dat dit DeGeneres was wat persoonlik “Still Rolling Stones” gekies het. Dit was die liedjie wat Daigle tydens haar verskyning op die program gesing het.

“Ek weet nie hoekom sy daardie liedjie gekies het nie,” het Daigle gesê, “maar ek weet sy is baie doelgerig oor die boodskap van haar program, so miskien was dit die liedjie wat die meeste met haar gepraat het.”

Daigle se nuutste album, Look Up Child, haar eerste een in drie jaar, het in September die albums van bekende popkunstenaars soos Ariana Grande en bekende rapper, Drake uitgestof.

Foto: @ TheEllenShow / Twitter


Bron: faithwire.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.