-deur Jeffrey Schipper

21 Januarie 2018

Honderde Christene het verlede week protes aangeteken teen ’n omstrede kunswerk deur die Finse kunstenaar, Jani Leinonen, wat in ’n kunsmuseum in Israel uitgestal is. Die Christene se protes het daartoe gelei dat die kunstenaar omverskoning gevra het, berig Kerknet.

Volgens hom was die kunswerk van die gekruisigde MCJesus ’n aanklag teen die verbruikersamelewing. Die Fin het gesê dat dit nooit sy bedoeling was om die Arabiese Christene in Israel te beledig of aanstoot te gee nie. Verlede Vrydag het honderde Arabiese Christene by die Haifa Museum van die Kunste gedemonstreer. Hulle het daarop aangedring dat die kunswerk verwyder moet word. Sommige betogers het petrolbomme en klippe na die museum gegooi.

Dinsdag het die burgemeester van Haïfa, Einat Kalisch-Rotem, aangekondig dat die kunswerk op haar versoek onmiddellik van die uitstalling verwyder is.

Leinonen het vroeër al gehoor gegee aan die betogers se wens om die kunswerk te verwyder.


Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.