-deur Independent UK

6 Junie 2018

’n Nuwe wet in Beiere bepaal dat ’n “duidelik sigbare kruis by die ingang van elke amptelike gebou geplaas moet word om mense te herinner aan die historiese en Christelik-kulturele invloed van Beiere.”

Dit sluit nie net polisiestasies en regeringsadministrasiegeboue in nie, maar ook staatsmuseums, teaters, skole en universiteite.

Die nuwe wet het Duitsland se liberales en linkse media gegrief, wat dit in nuusberigte aangeval het. ’n Verslaggewer van Duitsland se openbare internasionale uitsaaier, Deutsche Welle, het ’n video op Twitter geplaas en gevra of Beiere nou ’n “teokrasie” is en bygevoeg: “Vir eeue het dapper mans en vroue hul lewens toegewy om die Kerk te beveg vir meer vryheid, meer gelykheid en meer menseregte.”

Beiere is Duitsland se grootste staat en die tweede digste bevolk. Dit is ook een van Duitsland se mees konserwatiewe state, met 75% van Beierse mense wat hulself as Christene identifiseer.

Die Kreuzpflicht of ‘kruisplig’ word beskou as kulturele teenstand teen die aankoms van meer as ’n miljoen vlugtelinge (meestal Moslems) in Duitsland sedert 2015. Party mense sê ook dat die nuwe wet die kruis sal verander in ’n “politieke bykomstigheid” met politici wat probeer bewys dat hulle Beiere se Christelike erfenis bewaar.

’n Beierse Rooms-Katolieke Aartsbiskop het egter gesê: “Christene voel gelukkig wanneer hulle ’n kruis sien. Die kruis verteenwoordig genesing, in die kruis is die lewe, in die kruis is hoop.”


Bron: independent.co.uk

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.