12 Julie 2017
– deur INcontext

Ethiopië se premier Hailemariam Desalegn het kommer uitgespreek oor die breër sekuriteitsimplikasies vir die Horing van Afrika-streek wat voortspruit uit die voortgesette Katar-Golfstate-krisis.

Ethiopië en die naburige Somalië het voorheen gesê hulle sal nie kant kies in hierdie kwessie nie. Spanning wat reeds ʼn dekade tussen Djiboeti en Eritrea heers, het egter onlangs opgevlam ná die onttrekking van Katarese-vredesmagte uit die betwiste gebied. Die onttrekking kom waarskynlik omdat Djiboeti Saoedi-Arabië en sy bondgenote in die krisis ondersteun. 

Die Horing-streek is ʼn skiereiland van Noord-Oos-Afrika, bestaande uit Somalië, Djiboeti, Eritrea en dele van Ethiopië. Hierdie streek staar ​​tans ook ʼn toenemende humanitêre krisis in die gesig. Die aantal vlugtelinge wat beskerming soek in die Horing van Afrika-streek, het die afgelope ses maande met 640 000 mense tot 4,4 miljoen toegeneem. Die Verenigde Nasies se kantoor vir die koördinasie van humanitêre aangeleenthede (Ocha) het gesê minstens 26,5 miljoen mense in Oos-Afrika (insluitend die Horing van Afrika) benodig voedselhulp weens ʼn ernstige droogte (vererger deur plaaslike onstabiliteit) wat die streek teister. 

ʼn Spesiale vergadering van die All Africa Conference of Churches (AACC) is van 28 tot 29 Junie in Nairobi (Kenia) gehou en het ʼn beroep op kerke, regerings en noodlenigingsorganisasies gedoen om daadwerklik op te tree na aanleiding van die krisis in die Horing van Afrika. Hulle het spesifiek daarop gefokus om die onderliggende kwessies wat die krisis aanvuur aan te spreek; hulle moes kyk na konflikoplossing, klimaatsverandering en goeie bestuur aanmoedig.

Bid asseblief saam met ons vir die Horing van Afrika-streek.

“Die plek waarheen God jou roep is die plek waar jou groot blydskap en die wêreld se groot honger mekaar ontmoet.” (Frederick Buechner)

Foto: Paul Jeffrey

Bron: www.incontextinternational.org

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.