-deur Leah Marieann Klett

2 Januarie 2019

Die eerste lokprent vir die komende fliek, Breakthrough, wat die wonderbaarlik ware verhaal vertel van ’n ma en seun wie se lewens van die krag van gebed getuig, is bekendgestel.

Chrissy Metz vertolk die rol van Joyce Smith, ’n Christen-ma wat vir haar seun, John (vertolk deur Marcel Ruiz) se lewe moet veg nadat hy deur die ys in die Missouri-meer val.

“Asseblief Here, stuur U Heilige Gees om my seun te red,” bid sy terwyl John veg vir sy lewe in die hospitaalbed.

Breakthrough is gebaseer op Joyce se boek, The Impossible. Nadat John uit die meer gered is, was hy vir meer as ’n uur leweloos in ’n hospitaalbed. Tog het sy ma geweier om op te glo en het sy vurig gebid vir ’n wonderwerk. Haar gebede is beantwoord omdat John se hart skielik weer begin klop het. ’n Paar dae ná die ongeluk het John uit die hospitaal gestap – heeltemal genees.

Die lokprent wys ook die kragtige oomblik toe Joyce vir die dokter sê: “Wees die beste vir John, laat God die res doen.”

Tydens ’n vorige onderhoud met The Gospel Herald, het Joyce onthul dat sy kort voor die ongeluk deel was van ’n Bybelstudiegroep wat Beth Moore se Believing God bestudeer het. Dit handel oor die stelling “Ek glo God is wie Hy sê Hy is, en ek glo dat Hy kan doen wat Hy sê Hy kan doen.”

“Ek glo nie dit was toevallig nie,” het Joyce gesê. “Toe ek by die hospitaal instap, was my ingesteldheid dat God daar is en dat Hy deur alles heen by ons sal wees.”

“Tot vandag toe het John geen newe-effekte van die ongeluk oor nie, ondanks dokters se voorspellings,” het Joyce gesê. “God het hom volkome genees.

Breakthrough sal in April 2019 te sien wees.

Kyk hier na die lokprent


Bron: https://www.gospelherald.com/articles/71902/20181206/breakthrough-trailer-released-new-movie-starring-chrissy-metz-highlights-power.htm

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.