-deur Geopende Deure SA

14 September 2017

Die onlangse konflik in Sentraal-Afrikaanse Republiek (SAR) het duisende lewens geëis, honderdduisende ontwortel, en erge skade aan eiendom veroorsaak.

Hoewel die Seleka uit baie dele van die land gedryf is, bly talle uitdagings ʼn werklikheid. In Bangui, bly ʼn groeiende groep radikale Moslems in beheer van die sogenaamde PK5-enklawe en voer hulle ʼn skrikbewind. In die noordooste, wat hoofsaaklik deur Moslems bevolk is, word Christene gedwing om uit hulle dorpe te vlug en toegang tot oeslande geweier. Groot groepe Christene leef in uiters haglike omstandighede in vlugtelingkampe.

Vir volledige oorsig, klik hier (slegs in Engels beskikbaar) >>

Jy kan Johannes 14:18 bid: “Ek sal julle nie as wese agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe.”


Bron: opendoors.org.za

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.