– deur Herald Live

8 Junie 2017

Tot 10 000 inwoners is gedwing om hulle huise in Knysna te verlaat, aangesien brande, aangevuur deur stormwinde, deur die Wes-Kaapse kusdorp gewoed het.

James-Brent Styan, woordvoerder van die provinsiale plaaslike regering, het gister omstreeks 1 vm. bevestig dat 8 000 tot 10 000 van die dorp se 77 000 inwoners moes ontruim.

In ‘n verklaring het die Wes-Kaapse amptenare gesê Brenton, Belvedere, Welbedacht, Nania, Eastford, Green Pastures en Knysna Heights is almal ontruim. 

“Die amptenare monitor die situasie en sal plaaslike inwoners betyds inlig as nog mense ontruim moet word,” het die verklaring gelui.

Minstens drie mense – ‘n plaaswerker, sy vrou en hulle seun – is dood in brande in Rheenendal buite Knysna.

“Dit is die ergste brande wat ek oor die afgelope 45 jaar in Knysna beleef het,” het die dorp se burgemeester, Eleanore Bouw-Spies, gesê. Brandweermanne het gereageer op ten minste 26 brande langs die Tuinroete, en Plettenbergbaai, Knysna, Sedgefield en Wildernis is in rook gehul. 

Fran Kirsten, munisipale woordvoerder van Knysna, het gesê inwoners is ook onder meer uit Belvedere, Brenton-on-Sea en Karatara buite Knysna ontruim.

Lees die volledige berig by Herald Live

http://www.heraldlive.co.za/news/2017/06/08/hell-high-water-knysna-battles-fires-strong-winds-massive-waves/

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.