-deur Natasha Venter

19 Junie

Die burgerregte-organisasie AfriForum het op versoek van die diensorganisasie Solidariteit Helpende Hand verskeie benodighede vir slagoffers van die brandgeteisterde Knysna-gemeenskap aangekoop, waaronder gasstowe, gasbottels, potte, panne en opskeplepels. Dié benodighede is uit AfriForum se noodfonds aangekoop en sal strategies deur Helpende Hand versprei word ná afloop van ’n behoefte-assesseringsproses.

“AfriForum voel sterk daaroor dat dié fonds op ’n volhoubare en doeltreffende wyse aangewend moet word. Daarom het ons eerder besluit om alledaagse goedere aan te koop wat die gemeenskap daagliks kan gebruik – nie net nou nie, maar ook in die lang termyn,” sê Guido Urlings, veldtogkoördineerder by AfriForum.

Helpende Hand se assesseringspan het ná afloop van die brande behoeftebepalings by kerke en skole gedoen. adrotate group=”11″]

“Dringende behoeftes is reeds aangespreek, maar die gemeenskap gaan in die lang termyn ondersteuning benodig. Ons raad aan die publiek is om oordeelkundig te skenk. Daar is op die oomblik ’n oorvloed van voedsel en klere, soveel so dat die provinsiale regering gevra het dat skenkings vir eers op die strukturele herbou van Knysna moet fokus,” sê Ernst Vorster, hoof van kommunikasie by Helpende Hand.

Thomas van Dalen, AfriForum se provinsiale koördineerder vir die Wes-Kaap, sê dat dit AfriForum en Helpende Hand se prioriteit is om toe te sien dat skenkings volhoubaar is en aan diegene versprei word wat dit die nodigste het.

Lede van AfriForum se trauma-eenheid, onder leiding van Nantes Kelder, is tans besig om berading aan slagoffers in en rondom Knysna te bied. adrotate group=”12″]

Lede van die publiek kan hul skenkings na die onderstaande adres neem:

AfriForum-hoofkantoor

H.v. D.F. Malanrylaan en Unionweg

Kloofsig

Centurion

* Ons wil vra dat GEEN bederfbare goedere geskenk sal word nie.

Bankbesonderhede vir finansiële skenkings is soos volg:

Rekeningnaam: AfriForum NPC

Rekeningnommer: 62349898398

Taknaam: FNB Centurion

Takkode: 261550

Verwysing: KNYSNA

SMS “Knysna” na 45344 (R1) om by AfriForum se noodfonds aan te sluit en sodoende maandeliks tot dié fonds by te dra wat vir noodsituasies soos hierdie gebruik gaan word. Hou sosiale media dop vir meer inligting oor hierdie skenkingsveldtog en fondsinsameling.


Bron: afriforum.co.za

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.