-deur Emily McFarlan Miller | Religion News Service

11 November 2017

In 2007 het die ondenkbare gebeur by New Life Church in Colorado Springs.

‘n  Gewapende man het buite die kerk op mense begin skiet toe hulle ná die diens by die kerk uitstap. Sy koeëls het verskeie lede van dieselfde gesin getref; Dawid Works is gewond en sy twee tienerdogters, Rachel en Stephanie is gedood.

Meer as 600 mense was by die kerk toe Matthew Murray, ‘n 24-jarige man gewapen met ‘n geweer, twee pistole en genoeg ammunisie om 100 mense dood te maak, by die kerk in stap,  onthou die kerk se leraar, Brady Boyd.

“Ek weet daar is ‘n groot teologiese debat oor wat Jesus sou doen,” het hy aan RNS gesê. “Ek weet net op die dag waarop die skietery by ons kerk plaasgevind het, het ons twee baie oulike, vriendelike tienermeisies verloor; dit was verskriklik, maar ons kon daardie dag maklik nog baie meer  geliefdes verloor het.”

Boyd glo dit het nie gebeur nie omdat Murray hom vasgeloop het teen Jeanne Assam, ‘n voormalige polisiebeampte en lid van die kerk se sekuriteitspan wat wettig gewapen was. Assam het teruggeskiet en die aanval  beëindig wat 12 uur vroeër begin het, toe die gewapende man verskeie ander mense by ‘n nabygeleë sendingstasie doodgeskiet het.

Boyd se gedagtes het teruggekeer na daardie dag  toe hy van die onlangse skietery op Sondag (5 November) hoor. Daar is 26 mense dood en 10 ander gewond tydens die aanval by die Baptiste kerk in Sutherland Springs, Texas.

Die pastoor het in ‘n blog geskryf: “Die hartseer werklikheid is dat elke kerk ‘n strategie moet hê om sy lede te beskerm wanneer hulle byeenkom om te aanbid.”

Baie kerke en ander plekke van aanbidding landswyd oorweeg veiligheidsmaatreëls aangesien sulke aanvalle ongelukkig herhaaldelik gebeur. Oor die afgelope vyf jaar het aanvallers kerke soos  New Life, First Baptist en Emanuel African Methodist Episcopal Church in Charleston geteiken sowel as  ‘n moskee, ʼn Joodse sentrum en ʼn Sikh-tempel.

Boyd, die pastoor van New Life, het gesê hy weet almal is nie gemaklik met die idee van gewere in die kerk nie, maar die meeste misdadigers kan afgeskrik word met die teenwoordigheid van sekuriteitswagte het hy gesê.

Dit gaan lank duur voordat gemeentelede van die Baptiste kerk weer “normaal” sal voel, het hy gesê. Maar, het hy bygevoeg, “ons geloof sê egter wanneer die vyand beplan om ons skade te berokken, God dit ten goede kan laat meewerk.”

Foto  KSAT via AP


Bron: christianheadlines.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.