12 Februarie 2018

Aangesien ernstige droogtetoestande in dele van Suid-Afrika voortduur, het ‘n groep kerke ‘n beroep gedoen op Suid-Afrikaanse Christene om op Woensdag 14 Februarie nederig voor die Here te kom in gebed.

Die Nederduits Gereformeerde Kerk in die Oos-Kaap en Wes-Kaap, die Verenigde Gereformeerde Kerk Wes-Kaap, die Anglikaanse Kerk van Suidelike Afrika, die Congregational Church, die Presbiteriaanse Kerk en die Evangeliese Lutherse Kerk van Suid-Afrika het kragte saamgesnoer en Christene versoek om vanaf 14 Februarie tot 29 Maart ʼn tyd van verootmoediging en gebed te maak in die lig van die droogte. 

In ‘n brief wat hierdie week aan pastore en gemeentes gestuur is, het die direkteur van die NG Kerk se Oos-Kaapse sinode, ds. Danie Mouton, die kerke gevra om hulle kerkklokke op 12:00 uur op 14 Februarie te lui om mense tot gebed te roep en om hulself voor die Here te verootmoedig. Hy versoek gemeentes om gedurende die dag spesiale gebedsbyeenkomste in elke gemeenskap te hou en om hul gemeenskappe te mobiliseer om deel te neem. Kinders moet op spesiale maniere betrokke wees en kerkleiers kan skole in hierdie verband kontak. Verdere wenke oor hoe om gebedsgeleenthede op 14 Februarie te fasiliteer, sal binnekort na gemeentes gestuur word, sê hy.

Gemeenskappe in gebiede waar die Here hulle met goeie reën geseën het, kan bid vir droogte-geteisterde gebiede soos Port Elizabeth en omgewing, en Kaapstad. 

“Ons sien in die Bybel dat woestynseisoene en moeilike tye geleenthede bied vir diep verootmoediging voor die Here. Dit is ook tye waarin God Sy roeping aan Sy kinders openbaar en hulle begrip van hul afhanklikheid van Hom vernuwe,” het hy gesê. “Kom ons bid daagliks vir reën – maar met leerbare harte en sensitiwiteit vir die leiding van die Heilige Gees oor ons roeping. Kom ons leef in vrede met mekaar  en bemoedig en bid vir mekaar. En laat ons hulp gee aan diegene bied wat ‘n helpende hand nodig het.


Article source: gatewaynews.co.za

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.