-deur Lourieke Haller

11 September 2017

’n Gewone Kerkdiens van die VGK het in plaas van die gewonde twee ure aangehou vir twaalf ure lank. Die gemeente het die kerkorreltjie na buite in die straat gedra en die diens daar voortgesit waarna lede van die gemeenskap hulle daarby aangesluit het.

Pastoor Fanie Skanlen, is genooi om as gasprediker op te tree in Kensingtong, een van die bendegeteisterde gebiede in  Kaapstad.

Onder leiding van die Gees het die gemeente die kerkorrel na buite gedra en die diens daar voortgesit. Die diens het vir bykans 12 ure lank geduur.

Die gemeenskap het saam aanbid en ’n kruis in die straat gevorm.

Pastoor Skanlen sê, hy bid al ’n geruime tyd lank vir herlewing en dit was die eerste keer dat hy so iets beleef het.


 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.