-deur  Will Maule

3 November  2017

‘n Britse kerk het die sing van die Christelike aanbiddingslied, ‘Onward Christians Soldiers’ op Sondag verbied weens die vrees dat dit ongelowiges kan aanstoot gee. St Peter’s Church in Oadby, Leicester, sal sy “Remebrance Day-vieringe afsluit met  ‘All people that on earth do dwell’ omdat die gesang meer multikultureel  is, berig die BBC. Remembrance Day word jaarliks op 11 November gevier om die skietstilstand van die Eerste Wêreldoorlog op 11 November 1918 te gedenk.

Die besluit om nie die bekende gesang te sing nie, is geneem “omdat lede van die gemeenskap vanuit ‘n wye reeks kulturele agtergronde hierdie geleentheid bywoon, wat ‘n parade, ‘n diens in die kerk  insluit en’n  kranslegging by die gedenkteken behels,” het die kerk het in ‘n verklaring gesê.

“Dit is omdat die komitee erken het dat mense uit verskillende gelowe in die weermag diens gedoen het en dat ons die ander gesang sal sing in plaas van ‘onwards Christian soldiers’,” sê ds. Steve Bailey. “Ons sal ook ‘Guide Me, o Great Redeemer’ en ‘O God, our help in Ages Past’ sing. Vanjaar sal die Oadby Multikulturele Groep vir die eerste keer ‘n krans by die Oorlogsmonument lê. Ons wil hê dat mense van alle gelowe  wat hulle respek kom betoon aan diegene wat hul lewe neergelê het, welkom moet voel.”

[Is hierdie nie net nog ’n voorbeeld van die nuwe godsdiens van verdraagsaamheid waar Christene alle ander gelowe tegemoet moet kom, maar dat die Christendom deur daardie einste gelowe verdruk en vervolg word nie? ]


Bron: hellochristian.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.