-deur Geopende Deure

8 Augustus 2018

Die Kerk in Tunisië groei; baie mense stel belang in die Christelike geloof, maar dit kom nie sonder teenstand nie. Moslems maak 99 persent van die bevolking uit en Islamitiese militante vegters teiken Christene. Dié wat bekeer van Islam word deur hulle eie families opgesluit. Dit is byna onmoontlik om die Bybel te lees of kerk by te woon.

Elke landsburger van Tunisië word as ʼn Moslem geregistreer. Om hulle amptelike dokumente te verander, is onmoontlik en dra ernstige gevolge. Baie gelowiges word uit die skool of universiteit geskors; party word gedwing om met ʼn Moslem te trou. Christene se besighede word aangeval.

Dit is baie moeilik vir pastore om Bybels te laat druk of uit te deel. Sonder Arabiese vertalings van die Evangelie, is dit moeilik vir kerke om te groei.

In samewerking met plaaslike vennote en kerke, ondersteun Geopende Deure die Kerk in Tunisië deur dissipelskap, Christelike literatuurverspreiding, sosio-ekonomiese ontwikkeling en voorspraak. Geopende Deure help ook met gebedsondersteuning vir gelowiges in Tunisië.

Bron: opendoors.org.za

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.