-deur EO Vision

6 Februarie 2018

‘n  Evangeliese kerk in Zürich, Switserland, aanvaar bitcoins en ander virtuele munte as donasies. Die kerk het binne ‘n kort tyd ʼn groot aantal donasies van oor die hele wêreld ontvang, skryf EO Visie.

Die idee het gekom van ‘n aantal kerkgangers wat self in die geldeenheid handel. Nicolas Legler, woordvoerder vir die International Christian Fellowship, verduidelik dat die kerk daarvan hou om tred te hou met die nuutste tendense. Hy is daarvan oortuig dat virtuele geld binnekort deel van ons daaglikse lewens sal wees.

Die donasies word omskep in Switserse frank en daar word nie gespekuleer op geldmarkte met die virtuele geld nie.


Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.