Deur Juan Pienaar

9 Junie 2017

7 Junie 2017 sal in die geskiedenisboeke gedokumenteer word as een van die grootste rampe wat die Tuinroete ooit getref het, nadat ‘n vuur van die buitewyke van Sedgefield tot in Knysna en Plettenbergbaai verwoesting gesaai het   ̶  honderde huise is vernietig en duisende mense verplaas.

Ons het die voorreg gehad om eerstehands te ervaar hoe God ‘n erediens gebruik het wat ons maande tevore reeds gereël het. Dit het plaasgevind presies toe die verwoestende vuur duisternis in baie mense se lewe gebring het omdat hulle alles verloor het. Tog was dit die regte tyd en geleentheid vir die Kerk om die helderste te skyn, om te demonstreer hoe die Kerk in aksie lyk, om Jesus se hande en voete te wees.

Ons kerk se gassprekers was van Port Elizabeth na Sedgefield onderweg en is vanweë die brande in Plettenbergbaai vasgekeer. Ons moes besluit  – gaan ons die diens kanselleer of gaan ons voort daarmee? Ons het gevoel God lei ons om voort te gaan met aanbidding en ʼn gebedsdiens vir diegene wat deur hierdie verwoestende vuur geraak is. Ons het ‘n wonderlike tyd van aanbidding gehad en toe die diens oor was, het die gemeenskap ons genader en gevra of ons gewillig sou wees om ons gebou as skuiling beskikbaar te stel vir diegene wat ‘n heenkome nodig gehad het.

Binne tien minute het die eerste mense en voorrade begin arriveer. Ons kerkfamilie was so wonderlik, hulle het gedien en gehelp soos ek nog nie voorheen gesien het nie.

Slagoffers van die vuur het getraumatiseer aangekom en die sensitiwiteit waarmee hulle gehelp, en verwelkom is, was oorweldigend.

Die Kerk se grootste geleentheid is dikwels in die wêreld se donkerste oomblikke. Dit is wanneer die duisternis die donkerste is, dat die lig die helderste skyn.

Moenie kerk toe gaan nie, wees die kerk en gaan!

 

Juan Pienaar is die pastoor van Sedgefield Christian Church, wat hulle naaste gehelp het wat alles in die Tuinroete se vuur verloor het.

http://gatewaynews.co.za/church-shines-brightly-during-dark-time-of-fire-devastation/

 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.