(19 Januarie 2016)

‘n Kerk in Jerusalem is Sondagoggend beskadig en met anti-Christelike slagspreuke besmeer, berig verskeie Israeliese media. Dit was ‘n Grieks-Ortodokse kerk, net buite die Ou Stad. Ook die Duitse Dormitio-abdykerk en die Armeense begraafplase is met haatskrif beklad.

Graffiti op die kerkmure het gesê “Christene na die hel” en “ die dood vir die heidense Christene, die vyande van Israel”. Daar was ook ‘n ster van Dawid te sien. Die misdaad is veroordeel deur die Israeliese premier ,Benjamin Netanyahu. “Israel is ‘n plek waar alle gelowiges, ook Christene, godsdiensvryheid het. In Israel  laat ons nie hierdie soort optrede toe nie.”

Daar word ‘n polisieondersoek geloods. Polisiewoordvoerder, Micky Rosenfeld verduidelik dat  niemand nog in hegtenis geneem is nie. Volgens vader Nikodemus is regse-radikale Jode vir die haatskrif verantwoordelik.


Bron: www.cip.nl

 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.