-deur Cip.nl

9 April 2018

‘n Amerikaanse megakerk het vanjaar die Paasboodskap baie  prakties uitgebeeld, berig EO Vision. Die kerk het die geldelike skuld van  4 229 gesinne  uit die omliggende omgewing ( binne ʼn radius van 32 km) namens hulle betaal. Dit het die kerk $ 100 000 gekos. Dit was ʼn baie beter  belegging as die $ 100 000 wat die kerk verlede jaar  betaal het om sy  Paasdiens  oor die  radio, televisie en  op advertensieborde te adverteer.

Die kerk kon met die $ 100 000 gesinne help omdat dit die geld aan RIP Medical Debt geskenk het. Hierdie filantropiese organisasie koop 1% van die afloswaarde van onder andere mediese skuld op.

Alle gesinne wat deur die kerk gehelp is, het ‘n brief vir Paasfees ontvang wat bevestig het dat hulle skuld deur die kerk afbetaal  is. Stephen Hayes, senior pastor of Covenant Church gebaseer in Carrollton, sê die gemeente het ook soortgelyke briewe ontvang wat verwys na wat in Johannes 19:30 geskryf staan toe Jesus aan die kruis gesê het: “Dit is volbring.”

Die brief het hierdie sin ingesluit: “As ‘n kerk wil ons graag groei,  maar selfs as ons jou nooit ontmoet nie –  weet net dat God jou liefhet.”


Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.