12 Maart 2018
– deur Tola Mbakwe

Die leier van die Rooms Katolieke in Engeland en Wallis het onder kritiek deurgeloop nadat hy skoolleiers aangeraai het om kinders nie aan te moedig om hul geslag te verander nie.

Volgens die Daily Mail het kardinaal Vincent Nichols aan ‘n groep Rooms Katolieke skoolhoofde in Londen gesê dat selfs al  bevraagteken  kinders hul geslagsidentiteit , moet skole nie transgenderisme as ‘n moontlike oplossing aanbied nie. 

Hy het gesê  leerlinge moet weet dat hulle deel is van ‘n samelewing met “vaste verwysingspunte”.  Hy het bygevoeg: “In ‘n era van vloeibaarheid, selfs met betrekking tot geslagsidentiteit … is sulke fondamente uiters belangrik… ”

Heather Ashton, hoof van die transgenderliefdadigheidsorganisasie, TG Pals, het aan die koerant gesê: “Dit is die verantwoordelikheid van opvoeders om  verdraagsaam te wees en insig te toon, en ‘n godsdienstige vooroordeel mag geen invloed hê op ‘n transgenderkind se behoeftes nie.” 

Die Rooms Katolieke Biskoppe Konferensie van Engeland en Wallis sal die kerk se amptelike standpunt oor transgenderkwessies volgende maand bespreek.


Article source:  www.premier.org.uk

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.