-deur Tom Head

 5 Julie 2018

Ná goeie reën en selfs sneeu geval het in Kaapstad en omgewing, is die watervlakke van damme in Kaapstad weereens aansienlik hoër.

Dit is die sesde agtereenvolgende week waar die watervlakke gestyg het. Slegs twee maande gelede was die situasie nog uiters desperaat. Statistiek wat Maandag deur die Wes-Kaapse regering bekendgemaak is, lyk belowend.

Kaapstad se damme: Vlakke vir Maandag 2 Julie 2018:

Verlede week was die damme wat die Moederstad van water voorsien 42,3% vol. Vanaf Maandag het hulle met 6% gestyg en staan ​​tans teen 50% vol.

  • Teewaterskloofdam – 34,1% vol (2017: 19,2%. Verlede week: 29%).
  • Voëlvleidam – 44,6% vol (2017: 20,2%. Verlede week: 38%).
  • Bergrivierdam – 78% vol (2017: 35%. Verlede week: 67%).
  • Clanwilliamdam – 67,7%. (2017: 19%. Verlede week: 57,4%).

 Wes-Kaapse damvlakke vir Julie

Damme wat die res van die Wes-Kaap bedien, het ook goed gestyg, met ‘n gemiddelde van 41,5% – bykans dubbel die kapasiteit van 12 maande gelede.

Anton Bredell, Wes-Kaapse LUR van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, het egter kommer uitgespreek oor die opvangsgebied van die Gouritzrivier, waar watervlakke gedaal het. Die minister het gesê dat ons nog nie uit die moeilikheid is nie en dat die provinsie steeds alles in sy vermoë moet doen om water te bespaar.

“Areas in die Karoo, die Klein Karoo, Boesmanland en die Langkloof wag nog op verligting van die droogte. Op provinsiale vlak moet ons voortgaan om aan waterbeperkings te voldoen en die vraag na water te verminder.”

Foto: Water vloei in die Tweewaterskloofdam, Junie 2018. (Ian van den Berg / Reënval SA / Twitter)


Bron: thesouthafrican.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.