-deur Gillian Fraser

11 September 2018

Kaapstad het homself pas as die Halaalhoofstad van Afrika gemerk deur binnekort die eerste Afrika Halaalweek 2018 in die Moederstad aan te bied. Die geleentheid vind plaas vanaf 15 tot 17 Oktober.

Volgens die nuuswebtuiste van Voice of the Cape Fm (VOC fm) – ’n Moslem-gemeenskapsradiostasie – is die Afrika Halaalweek daarop gemik om besighede bewus te maak van die halaalmark in Afrika, met besondere klem op die halaalbedryf in die Wes-Kaap.

Die Afrika Halaalweek  het nie net ten doel om sakevennootskappe te vestig nie, maar ook  geleenthede in ander sektore in Suid-Afrika en Afrika uit te wys soos toerisme, handel, belegging, die Islamitiese bankwese, mode, film- en media en voedeselbedryf.

Die VOC-artikel gaan voort om die volgende te sê:

Minister of Economic Opportunities, Alan Winde, addressed  media about the conceptualisation of Project Khulisa – which set out to create  new jobs in the tourism and agri-processing sectors. Since 2015, a key  initiative under the project has been to grow the Western Cape’s share of the  Halal market from less than 1% to 2%.

 ‘We’ve grown the Halal Market by  over R900 million since 2015. Under Project Khulisa, the Western Cape alone is  responsible for exporting over R10 billion in Halal products. We look forward  to nurturing this already lucrative market to see it expand even further within  the province, creating much needed jobs and boosting the Cape’s economy,” said Minister Winde.

 Expanding on the importance of creating a week dedicated to  growing the Halal industry in the province Rashid Toefy, Deputy Director  General of the Department of Economic Development and Tourism (DEDAT) said the role of Africa Halal Week is to put Cape Town and the Western  Cape on the map as a preferred Halal trading partner.

‘The province is perfectly  positioned, with frequent and direct flights into the rest of Africa, to become  a hub for Halal on the continent, and a launch pad for international partners  to access the African markets.’”

As Christene is dit noodsaaklik dat ons ingelig bly oor gebeure soos hierdie wat in ons land, sowel as die gevolge wat dit kan veroorsaak. JUIG! het voorheen ’n artikel oor die Halaal-merk op voedselprodukte geskryf – wat dit behels en waarom Christene hulle stem moet dik maak oor onnodige halaalverpakking. Jy kan daardie artikel hier lees: joydigitalmag.com

’n Paar belangrike uittreksels uit die artikel is hieronder beskikbaar:

Moslems maak amptelik slegs 2,6% van die Suid-Afrikaanse bevolking uit, maar dit word toenemend meer algemeen om halaal-verpakking op algemene kosse in supermarkte regoor Suid-Afrika aan te tref. Hierdie halaal-handelsmerk voeg bykomende koste vir die verbruiker by, en die inkomste gaan direk na die ondersteuning van Islamitiese gemeenskappe.

Christene het kragte saamgesnoer om steun te werf teen hierdie halaal-verpakking aangesien ons gedwing word om ’n godsdiens te ondersteun wat ons s’n aktief teenstaan.

Die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van Kultuur-, Godsdiens- en Taalregte (KGT) is oorval met boodskappe van Christene oor die hele land wat hierdie benadering van supermarkte in Suid-Afrika sterk teenstaan, en beweer dat dit hulle reg op vryheid van keuse skend. Klagtes sluit ook in dat kopers gedwing en gemanipuleer word om  Islam te ondersteun en te befonds sonder dat hulle daarvan bewus is.

Nuus24 het berig dat sommige klaers aangevoer het dat die koop van halaal-gesertifiseerde voedsel Christene indirek dwing om aan die sharia-wet gehoor te gee en te betaal vir die vervolging van ander Christene in Moslem-lande, om die bou van moskees te finansier, en selfs finansieel by te dra tot terroristegroepe, soos die Islamitiese Staat en Hamas.

Die klagtes word ondersoek deur die KGT se prokureurs ondersoek.

Statistiek SA se syfers van 2016 toon dat Suid-Afrika 892 685 Moslems; 43,4 miljoen Christene; 5,9 miljoen mense sonder enige godsdiensaffiliasie of geloof; 2,4 miljoen wat tradisionele Afrika-godsdiens aanhang; 561 268 Hindoes; 52 598 ateïste; 49 470 Jode en 32 944 agnostici het. Dit beteken dat Moslems slegs 2,6% van die bevolking uitmaak.

Die halaal-bedryf word geraam op R45 miljard, en daar word geskat dat tot 90% van alle voedselprodukte in die land halaal- gesertifiseer is.

Tans is 2% tot 3% van die Suid-Afrikaanse bevolking Moslem, terwyl die meerderheid Suid-Afrikaners hulself met die Christelike geloof assosieer, maar verbruikers word gedwing om Islamitiese produkte te koop. Ons beskou dit as ’n onregverdige praktyk . . . ” – ’n Beswaarmaker uit die Oos-Kaap.

Die Wet op Verbruikersbeskerming is veronderstel om verbruikers teen diskriminerende bemarking beskerm.


Bron: VOC News vocfm.co.za en JOY! News joynews.co.za

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.