-deur Leah Marieannn Klett

18 Mei 2017

Die popsanger, Justin Bieber, het weer eens van sy reuse-sosiale mediaplatform gebruik gemaak om oor sy Christelike geloof te getuig.

Die 23-jarige sanger het ‘n skermskoot van die woorde: “Ek volg Jesus” aan sy 86,8 miljoen volgers gestuur. Die boodskap, wat Dinsdagmiddag geplaas is, het reeds meer as 1,3 miljoen olies’ gekry, met baie aanhangers wat woorde van bemoediging en gebede vir die jong ster uitgespreek het.

“Amen! You have decided to follow Jesus, and no turning back,” het een gelui.

“Can’t believe there are still artists like you who have faith in Him! and because of that, I adore you,” het ‘n ander geskryf.

Dit is nie die eerste keer dat Bieber van sosiale media gebruik maak om oor sy geloof te getuig nie; vroeër vandeesmaand het hy ‘n foto van sy onstuimige verlede geplaas en God openlik bedank dat Hy hom uit die duisternis gebring het.

“Love this, because it reminds me I’m not exactly where I want to be, but thank God I’m not where I used to be! The best is yet to come, do you believe it?” Bieber het dit op sy Instagram-blad geskryf met ‘n foto van die polisiefoto van hom in 2014 en ʼn nuwe foto van hom soos hy nou daaruit sien.

Bieber se verlede is beslis nie vlekkeloos nie. In 2014 is hy in hegtenis geneem ná ‘n voorval tydens ʼn onwettige versnelwedren (‘drag racing’) en in 2015 is hy skuldig bevind aan aanranding en roekelose bestuur nadat sy voertuig in Kanada met ‘n minibus in gebots het.

Midde sy publieke afwaartse spiraal het Bieber hom na Jesus gewend vir hulp en is verskeie jare gelede deur Hillsong NYC se pastoor, Carl Lentz, gedoop. Sedertdien het die sanger – wat tans op sy Purpose-toer in Suid-Afrika is – al verskeie kere oor sy geloof gepraat.

Volgens die Daily Mail het hy vroeër hierdie maand sy Christelike geloof verkondig terwyl hy in Sydney opgetree het; hy het in ʼn deursigtige boks op die verhoog verskyn met handgeskrewe woorde daarop: “Mark my words, Jesus loves you!!!!”

Bieber het onlangs aan Complex gesê: “Ek wil eerlikwaar net soos Jesus lewe. Nie Jesus wees nie – dit kan ek nooit wees nie. Hy het ‘n wonderlike bloudruk hoe om mense lief te hê en om genadig en goedhartig te wees…Hy het vir ons sondes gesterf.

“Soms wanneer ek nie lus voel om iets te doen nie, maar ek weet dit is die regte ding om te doen, onthou ek, Jesus het dalk ook nie lus gevoel om na die Kruis te gaan en te sterf nie… Wat Jesus gedoen het toe Hy na die Kruis gegaan het, was basies om te sê: ‘Jy hoef niks van daardie dinge te voel nie.’ Ons kan al ons onsekerhede, kan al die seer, al die pyn, al die vrees, al die trauma wegneem. Dit hoef nie daar te wees nie. Al die genesing wat jy op jou manier probeer bekom; dit is onnodig. Ons het die grootste Geneser van almal en Sy naam is Jesus Christus. En Hy genees werklik. Dit is dit. Die tyd het aangebreek dat ons almal ons getuienis deel… Ek is op ‘n punt waar ek dit nie meer gaan stilbly daaroor nie. ”

Byskrif: Foto: Reuters / Danny Moloshok


Bron: gospelherald.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.