-deur Bri Lamm

8 Junie 2017

Net twee weke nadat ‘n selfmoordbomaanvaller 22 mense dood en 50 beseer gelaat het tydens ‘n Ariana Grande-konsert in Manchester, het meer as 60 000 mense byeengekom om geld in te samel, hulle steun te geen en solidariteit met die slagoffers en hulle gesinne te betoon.

Op Sondag 4 Junie het ‘n groep sterre met groot name met Arianna Grande saamgespan om ‘n konsert, ‘One Love Manchester’, ter ere van die slagoffers, hulle gesinne en Arianne se aanhangers te hou.

Toe die tyd aanbreek vir Justin Bieber om op die verhoog te verskyn, het die 23-jarige met net ʼn kitaar en mikrofoon akoestiese weergawes van sy treffers, ‘Love Yourself’ en ‘Cold Water’ gesing.

Hy het toe iets voor 60 000 mense gedoen wat talle ander liefs sou vermy. “Ek gaan nie hoop laat vaar nie, ek gaan nie liefde laat vaar nie, ek gaan nie God laat vaar nie. Steek jou hand op as jy nie gaan opgee nie,” het hy gesê.

Die popster het sy trane weggesluk en het gedoen wat sy vriende en pastore, Carl Lentz en Juda Smith dikwels doen. Hy het almal teenwoordig en diegene wat tuis na die konsert gekyk het, herinner dat God ons nooit sal verlaat nie; dat Hy ons beskerming is – selfs wanneer die wêreld nie veilig is nie.

“God is goed te midde van duisternis. God is goed te midde van die bose. God is in ons midde, ongeag wat in die wêreld gebeur, God is in ons midde. Hy is lief vir jou, en Hy is hier vir jou.”

Die popsensasie het die afgelope jaar hard aan homself gewerk, sy geloof herontdek en homself met sterk gelowiges omring wat hom kan bemoedig en met sy geloofsreis help. Sy vertoning is ‘n bewys dat wanneer ons oë en harte oop is om Jesus Christus te ontvang, is dit onmoontlik om nie aan die brand te wees vir Jesus, ons Verlosser nie.


Bron: faithit.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.