-deur: Wayne Thring,  die ACDP se adjunkpresident

7 Augustus 2018

Die uitsprake wat Julius Malema onlangs gemaak het tydens die EFF se verjaarsdagviering met verwysing na Jesus kan nie daar gelaat word nie. Malema het die volgende kommentaar gelewer: “Die EFF is die wederkoms van Jesus; dit dui die einde van die ANC aan.” Hy het verder gesê: “Mense was onder die indruk dat die ANC aan bewind sal wees, tot Jesus se wederkoms . . . Totsiens ANC, Jesus se wederkoms was vyf jaar gelede – Jesus is die EFF.”

Hierdie stellings is lasterlik en aanstootlik vir Christene. Malema het geen respek vir ons Verlosser, Jesus Christus nie, aangesien hy voortgaan om Christus se naam ydelik te gebruik, soos hy ook gedoen het tydens Paasfees. ’n Mens wonder of hy dit doen omdat Christene verdraagsaam en nie gewelddadig is nie. Hoewel dit die geval is, moet ons sagmoedigheid nooit as swakheid beskou word nie.

Die EFF kán en sál nooit Jesus wees nie. Malema het duidelik geen idee wie Jesus Christus Jesus is en wat Hy as ons Messias verteenwoordig nie. Jesus verteenwoordig vrede, terwyl die EFF ontwrigtend is en ons nasie op die randjie van anargie laat staan. Jesus bring versoening en verwag van ons om ook versoening te weeg te bring, daarteenoor is die klomp wat deur Malema gelei word, vergelding wil hê wat ons nasie polariseer. Jesus het gekom vir alle mense uit alle bevolkingsgroepe, terwyl Malema aangehaal is vir sy neerhalende en dreigende opmerkings aan lede van die wit en Indiër- gemeenskappe.

Dit is dus duidelik dat die EFF nie ons Christus is nie,  hy is in werklikheid die “anti”, die teenoorgestelde van wie Jesus is. Malema is Christene ’n verskoning verskuldig. As hy nie om verskoning vra nie – en ek vermoed hy sal nie –  doen ek ’n beroep op alle Christene om hom en die EFF by die stembusse te straf.

Bron: joynews.co.za

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.