11 Januarie 2019

Joyce Meyer het onlangs ’n video op Instagram gedeel waarin sy praat oor die balans tussen probleme en genoeg geloof. In daardie video erken sy dat haar sienings oor welvaart en geloof in die verlede ‘uit balans’ was.

“Ek is bly oor wat ek van voorspoed en welvaart geleer het,” sê sy. “Ek is dankbaar oor wat ek van geloof geleer het, maar dit het uit balans geraak.” So erg dat sy tragedies in die lewe toegeskryf het aan ’n gebrek van vertroue in God.

“Elke keer as iemand ’n probleem in sy lewe gehad het, het ek gedink dit was omdat hulle nie genoeg geloof gehad het nie,” erken sy.

Sy het haar mening verander oor stellings soos: “As jy siek is, is dit omdat jy nie genoeg geloof het nie,” of “As jou kind gesterf het, is dit omdat jy nie genoeg geloof het nie. 

Meyer se bediening word met die sogenaamde “Voorspoedevangelie” en die “woord van geloof”-beweging verbind.

“Daar word nêrens in die Bybel belowe dat ons nooit probleme sal hê nie. Ek gee nie om hoeveel geloof jy het nie, dit sal nooit voorkom dat jy probleme en uitdagings in jou lewe gaan hê nie. Jesus het gesê: ‘In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.’


Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.