-deur Lucilia Moleko en Donnelly McCleland

7 Junie 2018

Op Maandag 4 Junie het Jordanië se koning Abdullah, Omar al-Razzaz, ’n voormalige Wêreldbank-ekonoom, gevra om ’n nuwe regering te vorm nadat Hani Mulki as eerste minister bedank het te midde van die land se grootste betogings in jare. Jordanië, ’n sterk Amerikaanse bondgenoot wat ’n vredesverdrag met Israel het, het stabiel gebly gedurende jare se onrus in die area.

Die betogings het op 30 Mei 2018 begin, toe ’n beraamde 3 000 mense in die strate van Amman (Jordanië se hoofstad) en ander provinsiale dorpe saamgedrom het om ’n onlangse belastingswetsontwerp teë te staan wat teenstanders sê die toestand van armer Jordaniërs sal vererger en die middelklas onder verdere druk sal plaas.

Jordanië se ekonomie het oor die afgelope paar jaar gesukkel met toenemende werkloosheid, ’n afname in hulpverlening (Jordanië huisves meer as 1,5 miljoen Siriese en Irakese vlugtelinge) en toenemende skuld, wat veroorsaak het dat die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) druk op die koninkryk geplaas het om sy skuld te verminder. Die belastingswetsontwerp poog om staatskuld met 77% oor die volgende drie jaar te verminder.

Betogers beweer dat die wetsontwerp hul lewenstandaard sal verswak aangesien hul salarisse nie tred kan hou met die voorgestelde belastingstygings nie. Die armes sal ook negatief beïnvloed word, aangesien die wetsontwerp van voornemens is om brood subsidies te verwyder.

Betogers beskuldig die regering van die verkwisting van openbare fondse en korrupsie. Vakbonde wat tienduisende werknemers in beide die openbare sowel as privaat sektore verteenwoordig, het ’n algemene staking aangekondig vir Woensdag (6 Junie) nadat hul eise dat die wetsontwerp geskrap moet word, deur die regering verwerp word.

Bid asseblief saam met ons vir ’n vreedsame oplossing vir die huidige krisis en onrus in Jordanië.

“As gelowiges, moet ons onthou dat ons primêre doel nie is om ’n politieke ideologie te hê nie, dit is eerder om die wêreld te verander sodat elke man, vrou, seun en dogter ware vryheid kan ervaar.” (Mike Huckabee)


 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.