-deur God Updates

20 Januarie 2018

Rodney Smith Jr. was eendag buite besig toe hy opmerk dat ’n bejaarde man sukkel om sy gras te sny. Rodney wou die man graag help en het besef daar is oral mense in sy dorp soos die bejaarde man wat op hulle eie sukkel.

Om gras te sny, lyk soos so ‘n eenvoudige taak, maar vir baie bejaardes of gestremde huiseienaars is dit fisiek net te uitdagend. Baie enkelouers het eenvoudig ook net nie genoeg tyd om die gras te sny nie. Rodney het besluit om te help. Hy het gemik om 40 grasperke te sny, maar net oor ‘n maand, het hy reeds sy doelwit bereik. Rodney het egter geweet hy kan nie nou stop nie.

Hy het die wonderlike idee gekry om Raising Men Lawn Care te begin. Die idee is om jong mans te neem en hulle die waarde van harde werk te leer en om iets terug te gee aan hulle gemeenskap.

Baie van die seuns kla aanvanklik oor die hitte of vind dit vervelig, maar ná die eerste vyf grasperke wat hulle gesny het,  is hulle opgewonde daaroor. Die seuns wil help. Hulle wil grassnyers help oplaai en na die huise gaan van diegene wat ‘n bietjie ekstra hulp nodig het en hulle dag ʼn bietjie beter maak.

Om die vreugde in hierdie jong mans se gesigte te sien ná ‘n harde dag van grasperke sny, is inspirerend. Kyk net hoe opgewonde hierdie twee jong mans is nadat hulle hul 50ste grasperk gesny het!

Wat Rodney begin het, is werklik inspirerend. Die feit dat hulle al hierdie werk gratis doen, maak ‘n groot verskil in so baie mense se lewens. Kyk net ‘n paar van die boodskappies wat hulle ontvang het.

Een storie het veral ons harte aangeraak. Hierdie 93-jarige dame het telkens probeer om haar eie grasperk te sny, totdat haar bure Raising Men Lawn Care geskakel het en die jong mans hulle gehaas het om haar te kom help. Nou het sy ‘n pragtige grasperk en nuwe vriende!

Artikel bron: www.godupdates.com

 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.