-deur Hendriëlle de Groot |Cip.nl

CNN het ‘n baie eerlike onderhoud met ʼn jong man uitgesaai. Hy het vertel hoe hy die aanval in Las Vegas oorleef het. Daar het meer as 58 mense tydens die aanval gesterf.

Taylor Benge het beskryf hoe sy suster hom teen die koeëls beskerm het deur hom met haar liggaam te beskerm. “My suster het bo op my geduik en my met haar liggaam beskerm en herhaaldelik gesê: ‘Ek is lief vir jou, Taylor, ek is lief vir jou.’ Ek sal dit nooit vergeet nie, ” het Taylor gesê. 

Taylor en sy suster het die aanval oorleef. Teen die einde van die onderhoud het Taylor getuig: “Ek was agnosties voor die aanval, maar ek glo nou in God. Na alles wat gebeur het en die feit dat ek dit oorleef het, is ek so geseënd omdat ek vandag nog leef en met julle kan praat. ”

Kyk hier na die video


Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.