10 September 2018

Nadat daar oor die naweek vir gebed gevra is vir die gewilde sanger, Jo Black, berig Maroela Media dat Flagship Productions – die agentskap wat hom verteenwoordig – in ’n verklaring gesê het die operasie was suksesvol. 

Volgens die berig moes die sanger ’n dringende nekoperasie ondergaan omdat twee van sy nekwerwels “gedisintegreer” het en hy gevaar geloop het om verlam te word. Aanvanklik sou die operasie eers teen die einde van September gedoen word. 

Alle vertonings vir September is gekanselleer terwyl Jo herstel.


Bronne Maroela Media; maroelamedia.co.zawww.jacarandafm.com

 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.