-deur Cip.nl

14 Junie 2018

Dit is maklik om bloot te dink aan Israel as ’n kookpot van geweld en vyandigheid weens die talle nuusberigte oor geweld op Israel se grense. ’n Nuusberig van die Jewish Telegraphic Agency skets egter ook die ander kant van die prentjie, dat daar net soos in Suid-Afrika ook welwillendheid onder die bevolking is en dat daar dié is wat na vrede smag.

Onlangs het Jode, Moslems en Christene een aand in Jerusalem  saamgekom; nie om met mekaar te argumenteer nie, maar iets baie belangriker te doen: om bordspeletjies saam te speel.

Die deelnemers was so uiteenlopend soos die stad self: Daar was ’n Jongman met  ’n Captain America-kippah op sy kop, ’n Arabiese man, ’n elegante blonde vrou van sowat sestig. Met musiek wat oor die luidsprekers speel, het die deelnemers hulle plekke aan die lang tafels ingeneem en met die bordspel begin.

“Dit is nie ’n kompetisie tussen teenstanders nie. Ons het hierheen gekom om saam te ontspan,” sê Matan Hayat (28), ’n godsdiensonderwyser. “Hier is mense van die linkervleuel, van regs, hier is Ortodokse Jode en Arabiese Moslems. Ons het almal vriende geword.”


Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.