-deur World Israel News | AP

9 September 2017

Die Israelse lugmag het ‘n Siriese militêre teiken aangeval wat na bewering betrokke was by die ontwikkeling en vervaardiging van chemiese wapens.

Israel se lugmag (IAF) het die aanval Donderdagoggende diep binne Sirië geloods.

Die Siriese leër het deur SANA, die land se amptelike nuusagentskap, gesê die Israeliese oorlogsvliegtuie het verskeie vuurpyle vanuit Libanon se lugruim afgevuur wat Siriese militêre poste naby Massyaf in die Hama-platteland aangeval het. Twee soldate is gedood en geboue is beskadig.

Sirië het gewaarsku dat daar “gevaarlike gevolge kan wees”.

Volgens die Arabiese media is die terrein wat aangeval is ‘n Siriese sentrum vir die ontwikkeling en vervaardiging van wapens, insluitende langafstandsmissiele en moontlik chemiese wapens.

Amerika het die Scientific Studies and Research Center (SSRC) daarvan beskuldig dat dit die dodelike senugas ontwikkel het wat in April tydens ‘n chemiese aanval op Siriese burgers gebruik is. Dit het 83 doodgemaak.

Rami Abdurrahman, hoof van die Sirian Observatorium for Human Rights (SOHR) in Brittanje het gesê twee fasiliteite is geteiken, ‘n wetenskaplike navorsingsentrum en ‘n nabygeleë militêre basis.

Israel se minister van verdediging, Avigdor Liberman, het verlede maand gesê Israel sal nie toekyk terwyl Iran vordering in Sirië maak en homself militêr op Israel se noordelike grens vestig nie.


Bron: worldisraelnews.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.