-deur CBN

9 November 2017

‘n Israelse gesin wat in hulle agterplaas gegrawe het, het per toeval op ‘n antieke stelsel van ondergrondse grotte en stalle afgekom wat uit die tyd van Jesus is.

Die Israeliese koerant, Haaretz, het berig dat die strukture in ‘n hoofsaaklik Arabiese dorp, Eilabun, ontdek is wat sowat 2 000 jaar gelede deur die Romeine agtergelaat is.

“Dit is nou drie meter ondergrond, maar 2 000 jaar gelede sou dit op grondvlak gewees het,” het argeologie-inspekteur Nir Distelfeld aan Haaretz gesê.

Voordat Eilabun ‘n Arabiese dorp geword het, was dit eens ‘n Joodse dorp. Dit is net sowat 17 km van Nasaret, die stad waar Jesus grootgeword het as ‘n kind. Ongelukkig het plunderaars en diewe baie van die dorp se antieke geskiedenis verwoes.


Bron: www1.cbn.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.