-deur Cip.nl

5 Maart 2018

ʼn Belangrike Israeliese generaal en lid van die Knesset het gesê dat onlangse botsings met Iranse en ander magte in Sirië daarop dui dat oorlog in die noorde van Israel net ‘n kwessie van tyd is, berig  Israel Today .

Majoor-generaal (res.) Eyal Ben-Re’uven het in ‘n radio-onderhoud gesê Rusland is veronderstel om spanning in die verhouding tussen Israel en Iran te verlig, maar dit is Russiese vegvliegtuie wat tans maai onder Siriese burgerlikes in Damaskus. Volgens hom versuim die Russe om as bemiddelaar op te tree en die Amerikaners is onbetrokke. As die stand van sake dus voortduur, is Israel op pad na ‘n nuwe grootskaalse oorlog in die noorde van die land.

Onlangs het die Israeliese weermag opgetree nadat ‘n Iranse onbemande tuig Israel se lugruim van uit Sirië binnegeval het. Israel het in reaksie daarop teikens in Sirië gebombardeer. Een van die Israelse vliegtuie het neergestort nadat dit onder vuur gekom het. Militêre teikens  van Sirië en Iran is egter volgens Israel vernietig. Netanyahu verwyt Iran dat dit “op skaamtelose wyse” die soewereiniteit van Israel geskend het deur die onbemande tuie na Israel te stuur.


Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.