-deur Geopende Deure

 6 April 2018

 In Islamitiese Asië is daar ʼn fundamentalistiese beweging van Moslems wat streng sjaria-wetgewing wil implementeer en die kontinent wil suiwer van Christene. Op ʼn manier is dit asof die Kerk tot die dood veroordeel is. Een kerkaanval na ʼn ander. Een ontvoerde vrou na  ʼn ander. Een mishandelde kind na ʼn ander. Een martelaar na ʼn ander.

Vir agt dae het Henry*, ʼn Filippynse skrynwerker, niks behalwe bloed, verkragting en dood gesien nie. Terroriste, wat met die Islamitiese Staat (IS) geaffilieer is, het die Filippynse stad, Marawi, in 2017 aangeval, en hulle het vir Henry – saam met dosyne ander ontvoerde Christene – gevange gehou. Een oggend het hy gehoor hoe sy ontvoerders oor daardie dag se teregstellings praat. Henry was volgende.

Henry het geen hoop gehad dat hy sou oorleef nie. “Ek het vir my medegevangenes gesê dat ons tot God moet bid en Hom vra om ons geloof te versterk, want daardie dag sou ons laaste wees,” sê Henry. Maar God het vir Henry ʼn weg voorsien om te ontsnap. Tesame met ander gyselaars, het hy deur ʼn oproldeur ontsnap wat nie gesluit was nie – te midde van geweerskote en liggame wat inmekaarsak. Agt van die 18 Christen-gyselaars het dit nie gemaak nie. Henry was een van dié wat wel oorleef het.

Hierdie tipe gebeure raak die Kerk in baie Islamitiese lande in Asië. Die Kerk is toenemend vatbaar vir aanvalle van verskeie tipes Islamitiese ekstremiste. Daarbenewens teiken Islamiete armoedige Christene met beloftes op ʼn beter lewe indien hulle Islam aanneem, en party Christene swig onder die druk en verander van geloof.

Dankie vir die Christene, wat Henry na die IS-aanvalle, van skrynwerker-gereedskap voorsien het sodat hy sy werk kan voortsit.

Binne die Kerk ervaar Christene probleme om in hul geloof te groei vanweë die tekort aan goeie Bybelse onderrig, ʼn tekort aan ʼn verhouding met God, en onenigheid onder kerke. In hierdie lande is daar so baie pyn en tragedie – maar God werk deur Christene soos jy se ondersteuning om hulp en hoop te bring.

In Henry se geval bly hy nog in ʼn skuiling, maar sodra hy kan terugkeer huis toe, weet hy dat hy sy werk as ʼn skrynwerker kan voortsit. Danksy Christene soos jy se ondersteuning aan Geopende Deure help julle om hom van skrynwerkgereedskap te voorsien. Hy sê eenvoudig…

“Dankie, dankie. Julle is seëninge van die Here.”

Deur God se genade en Christene se ondersteuning, maak hulle  ʼn verskil in die lewens van honderde duisende Christene in Islamitiese Asië. Hulle voorsien lewensreddende middele soos opleiding in voorbereiding op vervolging, byeenkomste om eenheid te bevorder, asook noodleniging.

Die Kerk in Islamitiese Asië het hoop as gevolg van hul verlossing in Christus, maar ook as gevolg van barmhartige vriende soos jy. Dankie dat jy omgee vir jou broers en susters in Asië!

*Naam verander vir sekuriteitsredes.

Gee vandag en help om God se Koninkryk uit te bou

Skenk nou


Bron: opendoors.org.za

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.