-deur Ariella Mendlowitz

(15 Januarie 2016)

In sy voortdurende poging om die wêreld te bevry van die bedreiging wat die Islamitiese Staat (ISIS) inhou, het Amerika ‘n kontant- stoorfasiliteit in Mosoel, Irakgebombardeer.

Volgens die Associated Press, het ‘n Amerikaanse verdedigingsamptenaar onthul dat hierdie spesifieke fasiliteit “miljoene” dollars gehuisves het wat vir finansiële steun aan die terroristeregime bedoel was. Die befondsing betaal vir alle ISIS-bedrywighede, insluitend sy vegters, dodelike wapens, en propaganda.

Die lugaanvalle het al die geld wat daar gestoor is, vernietig.

Ten spyte van die nabyheid daarvan aan die burgerlikes, is niemand in die aanval beseer nie. Dit is te danke aan deeglike ondersoek aan die kant van Amerika, wat die terrein vir dae lank dopgehou het om te bepaal wanneer daar die minste aantal burgerlikes in die omgewing sal wees.

Dit is ten minste die tweede geleentheid dat Amerika ISIS se kontantstore gebombardeer het in sy stryd teen die radikale Islamitiese groep. Die meeste aanvalle word tans geloods om befondsing en olie-reserwes te vernietig wat dit vir die militante groep moontlik maak om met hulle terreur voort te gaan.

Sedert die lugaanvalle in 2014 begin het, het die koalisie onder leiding van Amerika, daarin geslaag om die ISIS-bedreiging terug te stoot en 40% persent van sy grondgebied in Irak en 20% teruggeneem, volgens woordvoerder, kolonel Steve Warren.

Buiten lugaanvalle het die koalisie ook soldate in Irak op gelei om grondgebied in beide Sirië en Irak terug te wen. Die weerstand het hulle visier op Mosoel, wat hulle sê ‘n reuse-oorwinning vir hulle sou wees en wat ISIS se grondslag in die land effektief sou vernietig.

In ‘n onlangse perskonferensie het Warren verslaggewers meegedeel dat “die vyand verswak het en op die verdediging is. Hulle het sedert Mei nie ‘n duim grondgebied gewen nie. ”


Bron: ( Lees meer by) www.breakingisraelnews.com

 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.