-deur Meg Storm

10 Januarie 2018

Soos Faithwire berig het, is daar sedert verlede week gewelddadige protesoptogte teen die regering aan die gang in Iran. Die demonstrasies, wat oorwegend uit jongmense bestaan, was aanvanklik in reaksie op Iran se trae ekonomie en stygende lewenskoste. Een en twintig mense het gesterf en honderde is in hegtenis geneem sedert die oproerigheid verlede Donderdag begin het. Die Iranse president, Hassan Rouhani, en die leier, Ayatollah Ali Khamenei, en sy regime het op betogers toegeslaan.

Te midde van hierdie gevaarlike vryheidstryd is daar belowende tekens van vooruitgang vir die beleërde Iranse volk. Volgens ‘n CBN-nuusverslag het Iran een van die kerke wat die vinnigste ter  wêreld groei. Ten spyte van dreigemente van vervolging, draai Irannese dapper teen die status quo en probeer om meer oor die Christendom uit te vind. Laat verlede jaar het sowat 20 mense (almal anoniem ter wille van hulle veiligheid) in die geheim uit die land gereis om gedoop te word en het nou teruggekeer na Iran om die boodskap van die Evangelie te verkondig.

“As die regering In Iran uitvind dat jy gedoop is, sal dit outomaties tot gevangenisstraf lei,” het een van die mans wat by die doop betrokke was, verduidelik. “Daarom reis hulle vir spesiale geleenthede soos hierdie eerder na die buiteland as om dit in Iran te doen.”

Hulle het geweier om van hulle geloof af te sien en mans, vroue en kinders het hulle lewe in hul hande geneem omdat hulle Mohammed verloën en van hulle geloof in Jesus Christus getuig het deur in ‘n swembad gedoop te word.

“Ek het Christus aangeneem toe ek 43 oud was,” het een man gesê wat tien jaar gewag het vir die kans om gedoop te word. “Daar is geen manier om in Iran gedoop te word nie weens die gevare wat ons in die gesig staar. Vandag is my geloof volkome.”

’n Tiener (16) wat aan die seremonie deelgeneem het, het vier jaar gelede ‘n Christen geword, nadat sy Jesus in ‘n droom gesien het en het God se teenwoordigheid gevoel toe sy haar nuwe geloof formeel aangeneem het. “Toe ek vanoggend gedoop is, het ek die Heilige Gees op ‘n nuwe manier ervaar,” het sy gesê.

Kundiges wat bekend is met die veranderende godsdiensdinamiek in Iran, glo dat die toenemende teenwoordigheid van die Christendom in die land net sal voortduur.  “Hulle wil hê die wêreld moet weet dat hulle aan Jesus behoort,” sê Mike Ansari, direkteur van Mohabat TV, ‘n Farsi Christelike nuusnetwerk wat in Iran uitgesaai word.

Met meer Irannese – veral onder die jeugdiges – wat ontnugter is met Islam, kyk ‘n rekordgetal mense na Mohabat via hulle satelliettelevisies en selfone. Ansari het verlede jaar gesê 16 miljoen mense – of sowat 20 persent van Iran se bevolking – het na een of meer van die kanaal se video’s gekyk.

Ansari en ander stem saam ongeag hoe hard die Iranse regime probeer het, dit nie die verspreiding van die Christendom kon stuit nie. “Daar is baie goeie nuus wat uit Iran kom. Ons moet daarop fokus en dit vier,” het hy gesê. “Ons hoop dat die resultate wat met die Kerk in die Weste gedeel word, die Liggaam van Christus in die res van die wêreld sal bemoedig met die wete dat geloof in God inderdaad leef in Moslem-gemeenskappe.”

Byskrif: Foto Krediet: Screenshot


 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.