-deur Peter Wooding | ASSIST News Service

1 September 2017

(Jordanië) – [ASSIST News Service] Tydens hulle onlangse jeuguitreik in Jordanië het Leading The Way Ministries gesien hoe 47 Irakse jongmense tot bekering kom.

Die uitreik is in vennootskap met die bediening se Midde-Oosterse-televisiekanaal, The Kingdom SAT en Help the Persecuted gehou. Die kamp het ‘n groot invloed op die 70 jongmense gehad wat dit bygewoon het.

Help the Persecuted se koördineerder, Mary, verduidelik: “Tydens die kamp het ons baie aktiwiteite vir die jeug aangebied, insluitend waterspeletjies, basketbal, sokker, kooklesse, asook ‘n paar goeie aanbiddingstye. Hulle het gesing en hulle hulleself geniet.

“Ons het ook leringstye gehad sowel as berading. Ons het die Gees van God se teenwoordigheid ervaar wat elkeen van hierdie jongmense omvou het. Om te sien hoe 47 van hulle Christus aanneem, was ’n wonderlike ervaring.”

Maria het afgesluit: “Ons is so dankbaar om hierdie jongmense vir Christus te kon bereik en te sien  hoe God in hierdie volgende generasie van die Midde-Ooste werksaam is.”

Byskrif: (Foto: Irakse jeug / via ASSIST Nuus)


Bron: breakingchristiannews.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.